top of page

 

Foxwood Vineyardsstel hulle eerste reeks wyne vir die eerste keer by die Foxwood-lentefees bekend.

 

Tydens die fees word Foxwood Vineyards se wyne gratis saam met die spesiale bekendstellingsetes bedien (sien Spys&Wyn vir ‘n volle lys etes, spyskaarte en datums), en die wyn kan ook teen ‘n spesiale prys vir ander geleenthede gekoop word.

 

Die eerste wyne van die Foxwood Vineyards-kelder is:

CHENIN BLANC (2012 verouderd) :    'n Pragtige ryk strooikleur; met heuning-, appelkoos- en  pynappelgeure op die neus. Versigtige gebruik van eikehoutvate en 'n verfrissende suursmakie gee die wyn 'n lang, vars afwerking op die tong.

SHIRAZ (2011 verouderd)  :   'n Diep donker kleur; met swartpeper,  en ‘n ligte teenwoordigheid van vanielje op die neus. Die ryp swart vrugtegeure lê op die tong met fluweelagtige tanniene wat  dit ideaal maak om nou te geniet of the verouder. 

 

PRYS:

 

FOXWOOD VINEYARDS CHENIN BLANC 2012  

R150 / bottel

Of  ‘n Houer van 6: R810

FOXWOOD VINEYARDS SHIRAZ 2011

R180 / bottel

Of  ‘n Houer van 6: R972

 

SPESIALE FEESPRYS:

 

Per glas: R30/glas

R130 / bottel

Of  ‘n Houer van 6A box of 6: R702

 

FOXWOOD VINEYARDS SHIRAZ 2011

Per glas  R35/glas

R150 / bottel

Of  ‘n Houer van 6:  R810

 

 

By die fees stel Foxwood House 'n nuwe projek bekend wat stilletjies oor die jare "gegis” het en nou uiteindelik gereed is om aan die wêreld aangebied te word.

 

Foxwood Vineyards is 'n vennootskap tussen die bekende wynmaker, Matthew Krone, en Foxwood House se eienaars, Pieter de Vos en Jan Groenewald.

 

Matthew is lid van 'n ikoniese Kaapse wynfamilie, en span saam met Foxwood House om 'n ou verbintenis tussen die Krone en De Vos-families te hernu; Matthew en Pieter is direkte afstammelinge van die stigters van die ou bekende Kaapse firma van DeVosKrone & Co.

Die vennote in Foxwood Vineyards is verbind tot die vervaardiging van slegs die beste gehalte Suid-Afrikaanse wyne, en hulle sal hul eerste reeks wyne  by die Lentefees bekendstel - vir die eksklusiewe plesier van besoekers aan die Foxwood-lentefees .

 

Geskiedenis

In 1923 het Petrus Johannes “Pieter” de Vos en Nicolas Charles "Cope" Krone begin met 'n maatskappy genaamd DeVosKrone & Co, wat gegroei het tot een van die mees suksesvolle sake-ondernemings van sy tyd. Nou 90 jaar later snoer die kleinseun van Pieter de Vos en agterkleinseun van Cope  kragte saam om weer "'n bietjie van die geskiedenis te laat herlewe."

 

Twaalf geslagte van wynmakers is die fondament waarop Matthew sy loopbaan as wynmaker gebou het.

 

In die 19de eeu het oupagrootjie “Cope” die familie se sakebelange kragtig uitgebrei (“Cope” was ‘n bynaam vir Nicolas Charles Krone wat ook ‘n kranige krieketspeler was; “Cope” was sy held - ‘n krieketlegende in die Victoriaanse tydperk).

 

Cope se seun, NC Krone, en ná hom, ook Matthew se pa, Nicky, word beskou as twee van die grootste pioniers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Hul wynmaaktegnieke het tot vandag ‘n groot impak op Suid-Afrikaanse wynmakery. Matthew het sy vaardighede onder die bekwame leiding van sy pa en oupa geslyp, en hulle passie en integriteit het ook deel van sy wynmaak-filosofie geword.

 

Matthew Krone stel di so: "Hierdie wyne is 'n uitdrukking van my passie en plesier. Elke stap van die produksie-proses het as doel  die maak van net die beste gehalte wyne, en geen kompromis word toegelaat nie. My familie se wynmaakerfenis van 300 jaar, en ons drome vir die toekoms, waarborg die gehalte van ons wyne. "    

 

bottom of page