top of page

SPYSKAARTE

 

Besprekings noodsaaklik

 

 

Aandete:

Aandete om Foxwood Vineyards se nuwe wyn bekend te stel. 

Die gasheer: Matthew Krone

'n Glas Foxwood Vineyards-wyn by elke gang.

Promosieprys R180/persoon met insluitend ons Foxwood Vineyards- wyn.

 

 

Dinsdag 23ste September:        18:30 vir 19:00

Woensdag 24ste September:     18:00

Vrydag 26ste September:         19:30

 

 

Voorgereg

Sampioenroomsop bedien met ciabatta brood.

OF

‘n Roomsous van garnale en tamatie met suurlemoen, basiliekruid en bestrooi met bokmelkkaas. Voorgesit met ciabatta.

 

 

Hoofgereg

Heel skaapribbetjie met pampoenkroketjies, groenboontjies en gekaramelliseerde uie. ‘n Appel, rissie en mentsous in ‘n eie bakkie.

OF

Gebraaide salm met pan-gebraaide lemoen & geroosterde neute, en aartappels in room gebak. Dit word bedien met ‘n room- en dillesous.

 

Nagereg

Botterkaramel-gegeurde Crème Brulée

OF

Yskoue romerige vanieljeroomys met ‘n skeutjie  Espresso. Bedien met Macarons .

 

 

Aandete vir die 25ste September :  18:00

 

 

Pascale Gagiano bedien haar Franse disse wat sy voorberei het om te pas by die Foxwood Vineyards-wyn. Sy stal ook haar foto-montage van Parys uit en verkoop haar modieuse Franse koelhouers vir wyn.

 

Haar spyskaart vir ‘n ligte aandete van Franse geregte, sluit in:

Croustade poulet/champignons; Paté en croute; Le petit bleu á la poire; Mini fuit tarte; Fondant au Chocolat; Mini éclairs choch / café.

 

Met die wyn wat bedien word, is die prys R150 / persoon.

 

Aandete vir die 27ste September: 18:00

 

 

Voorgereg

Calamari  op roketblare, met ‘n slaaisous van vars kruie,suurlemoen & olyfolie en Foxwood se eie mayonnaise.

OF

Bobotie-rolle toegevou in ‘n Chinese deeglagie en vinnig gedompel in warm olie. Bedien met Foxwood se blatjang van vrugte en speserye.

 

Hoofgereg

Fettucini met ‘n suurlemoen-en-bottersous, geroosterde salm en pan-gebraaide steurgarnale. Bedien met Parmasan-kaas.

‘n Vegetariese opsie is beskikbaar: met ‘n Pesto-sous, geroosterde neute en gebakte rosa-tamaties.

OF

Beesfilet, bedien met ‘n sampioen- of mostertsous en diepgebraaide aartappelskyfies.

 

Nagereg

Sjokoladebruintjies met ‘n karamelsous liggies daaroor gedrup, bestrooi met fyngekapte pekanneute en bedien met vanieljeroomys.

OF

Gebakte kaaskoek, bedien met opgeklopte room en met aarbeie, opgesny en gemarineer in vodka.

 

 

 

Middagetes:

 

Woensdag 24 September:       12:30 for 13:00

Donderdag 25 September:      12:30 for 13:00

Saterdag 27 September:         12:30 for 13:00

Sondag 28 September:           13:30 for 14:00

 

 

12:30 vir 13:00    Foxwood se klassieke buffet van tradisionele geregte om  Foxwood Vineyards se wyne bekend te                                 stel. Gasheer: Matthew Krone

Promosieprys R165 / persoon met insluiting van ‘n paar glase Foxwood Vineyards-wyn.

 

Lam op die spit, Foxwood se  hoenderpastei gemaak volgens ‘n ou familieresep, wildsvleis en ‘n wye verskeidenheid vars groente en slaaie. Die nagereg is sjokoladegebak met vanieljeroomys.

 

 

 

Midagete vir die 26ste September:  11:30 tot 14:00

 

 

Lochner de Kock die kok: skrywer, akteur en chef Lochner de Kock berei disse op die patio voor as die weer dit toelaat – andersinds is dit binne. Lochner se kos pas perfek pas by Foxwood Vineyards se Chenin Blanc en Shiraz.

 

Lochner se spyskaart:

 

Lochner se Chenin Blanc-dis: Roketblare met hoender, Chinese kool, beet, soerissie, neute, lemmetjie, nam pla &                                                     koljander toegevou in ryspapier-tortilla. Bedien met soetrissiesous.

Met ‘n glas Foxwood Vineyards-wyn R85

Lochner se Shiraz-dis:           Maagspek (Pork belly) met couscous,   geroosterde groente en dukatti.

Met die Foxwood Vineyards-wyn R110

                    

 

 

 

bottom of page