top of page
23-28 September  2014 \\ Foxwood House

Foxwood House

5de Straat 13

Houghton Estate 2198

Naby hoek van 11de Laan/ 5de Straat

Aan die Rosebank- kant van die M1

GPS Koördinate 26' 09' 44 28"S 28' 03' 10,19" E

                              

Foxwood House in Houghton maak hulle nuwe Lentefeesprogram bekend wat van 23 tot 28 September gehou word. Dit is ‘n hoogtepunt op die Foxwood-kalender met ‘n 6-dagprogram wat iets vir almal bied.

Die skepper van die Foxwood-lentefees, Pieter de Vos, sê die volgende oor die fees: “ Dit is werklik ‘n viering van nuwe lewe soos ‘n lentefees moet wees.”

Kunstenaars soos Brumilda van Rensburg, Richard van der Westhuizen, Anna Davel, Matt Stern, Tobie Cronjé, Carike Keuzenkamp, John Kani, Abigail Kubeka, Cat Simoni, Paul Spence, Magda Beukes en die skrywer Deborah Steinmair tree by die fees op.

Die program sluit die bekendstelling in van ‘n nuwe naam in die wynbedryf – Foxwood Vineyards – met kos- en wynparings, teatervertonings, ‘n kunsuitstalling, besprekingsprogramme en ‘n kookdemonstrasie. In die Tuin van Roem sal Suid-Afrikaanse kunstenaars Carike Keuzenkamp, Tobie Cronjé en John Kani vereer  word vir hulle uitstaande bydraes tot die kunste, elk op sy eie gebied van spesialisering.

In die bekende Tuin van Roem sal hulle handafdrukke  geplaas word, omring deur bewonderaars, familie en vriende.

 

‘n Lys van die mense wat Foxwood House reeds die voorreg gehad het om erkenning aan te gee in die Tuin van Roem:

 

Lerina Erasmus + Abigail Kumalo + Sandra Prinsloo + Bryan Habana + Judy Page + Dozi +  Steve Hofmeyr + Nataniël + Annie Basson + Elize Cawood + Wilson Dunster + Bob Courtney + Peter Lotis +Milla Louw  +Charlene Truter + Al Debbo + Rina Hugo + André Schwartz + Casper De Vries + Marius Weyers + Susan Vosloo +Shaleen Surtie Richards + Vinette Ebrahim + Freek Robinson + Johan Stemmet + Mimi Coertse + Brumilda van Rensburg + Neels Hansen + Emma Renzi + Dot Serfontein + Helen Zille + Riaan Cruywagen + Marida Swanepoel + Daniël Krige.

 

SPESIALE AANKONDIGING: Foxwood House is baie opgewonde oor die bekendstelling van 'n nuwe projek wat stilletjies oor die jare "gegis” het en nou uiteindelik gereed is om aan die wêreld aangebied te word.

Foxwood Vineyards is 'n vennootskap tussen die bekende wynmaker, Matthew Krone, en Foxwood House se eienaars, Pieter de Vos en Jan Groenewald.

 

Matthew is lid van 'n ikoniese Kaapse wynfamilie, en span saam met Foxwood House om 'n ou verbintenis tussen die Krone en De Vos-families te hernu; Matthew en Pieter is direkte afstammelinge van die stigters van die ou bekende Kaapse firma van DeVosKrone & Co.

Die vennote in Foxwood Vineyards is verbind tot die vervaardiging van slegs die beste gehalte Suid-Afrikaanse wyne, en sal hul eerste reeks wyne  by die Lentefees bekendstel - vir die eksklusiewe plesier van besoekers aan die Foxwood House-lentefees .

 

Die eerste wyne van die Foxwood Vineyards-kelder is:

 

CHENIN BLANC (2012 verouderd) :                   'n Pragtige ryk strooikleur; met heuning, appelkoos en  pynappel                                                                               geure op die neus. Versigtige integrasie van die gebruik van                                                                                       eikehoutvate gebalanseer deur 'n verfriste suur gee die wyn 'n                                                                                   lang, vars afwerking op die tong.

 

SHIRAZ (2011 verouderd)  :                          'n Diep donker kleur; met swart peper,  en wenke van vanielje op                                                                               die neus. Die ryp swart vrugtegeure lê op die tong met                                                                                             fluweelagtige tanniene wat  dit ideaal maak om nou te geniet en                                                                                 gee dit 'n groot verouderings potensiaal.

 

Wynmaker Matthew Krone voeg by; "Hierdie wyne is 'n uitdrukking van my passie en plesier. Elke stap van die produksie-proses het as doel doel  die vervaardiging van slegs die beste gehalte wyne, en geen kompromis word toegelaat nie. My familie se wynmaakerfenis van 300 jaar, en ons drome vir die toekoms, waarborg die gehalte van ons wyne. "    

 

Familiegeskiedenis van Matthew Krone van Foxwood Vineyards.

 

In 1923 het, Petrus Johannes “Pieter” de Vos en Nicolas Charles "Cope" Krone begin met 'n maatskappy genaamd DeVosKrone & Co, wat gegroei het tot een van die mees suksesvolle sake-ondernemings van sy tyd. Nou 90 jaar later snoer die kleinseun van Pieter de Vos en agterkleinseun van Cope  kragte saam om weer "'n bietjie van die geskiedenis te laat herlewe."

Matthew Krone is ‘n 12de geslag-wynmaker in die bekende Krone-familie. Sy oorlede oupa (NC Krone) en pa (Nicky Krone) word beskou as twee van die grootste pioniers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf, en hul wynmaaktegnieke het tot vandag ‘n groot impak op Suid-Afrikaanse wynmakery. Matthew het sy vaardighede onder die bekwame leiding van sy pa en oupa geslyp, en hulle passie en integriteit het ook deel van sy wynmaak-filosofie geword.

 

Foxwood Vineyards

  • +27 11 486 0935

 

13 5de Straat 13 Houghton Johannesburg

 

Navrae:

 

Mjön van Blommestein

Sel: 072 727 3629

Epos: mjonvb@gmail.com

 

 

Kunstenaars

bottom of page