top of page

Tuin van Roem

 

In  Foxwood House se Tuin van Roem word Suid-Afrikaanse kunstenaars vereer wat ‘n besondere bydrae tot hulle vakgebied in die kuns gelewer het, en saam met hulle word van tyd tot tyd ook Suid-Afrikaners vereer wat ‘n bydrae in die wetenskap, politiek of geneeskunde gelewer het.

 

Hul handafdrukke word by ‘n funksie by Foxwood House in die Tuin van Roem gelê waarheen lede van die Pers, televisievervaardigers, belangstellendes en familie genooi word.

 

By Foxwood se lentefees sal dr. John Kani, Carike Keuzenkamp en Tobie Cronjé vereer word.

 

Dis ‘n intieme seremonie waartydens ons hulde bring aan die kunstenaars.Vanjaar gaan Lance James vir Carike Keuzenkamp toesing, en die vioolspeler Zanta Hofmeyr gaan vir Tobie Cronjé optree. Abigail Kubeka gaan hulde bring aan dr. John Kani.

 

 

 

 

By die Lentefees vereer ons die volgende:

 

John Kani    
24 Sept. 10:30 

 

Eerbetoon aan John Kani in die Foxwood Tuin van Roem.

Spesiale eerbetoon deur mede-kunstenaar en aktrise Abigail Kubeka wat hom sal toesing.

 

Toegang: Gratis

Carike Keuzenkamp

 

 26 Sept. 10:30

 

Carike Keuzenkamp, tereg ‘n kunstenaar wat die erkenning in die Tuin van Roem verdien nie net vir haar bydrae as sangeres nie, maar ook as mens wat ‘n rolmodel vir so baie ander geword het. 

 

Sluit aan by ons as gaste van Foxwood House vir die seremonie en drink op Carike Keuzenkamp met ‘n kelkie Foxwood Vineyards-wyn.

 

Toegang: Gratis

Tobie Cronje 
27 Sept. 11:00
 

Eerbetoon aan Tobie Cronjé, ‘n geliefde en briljante Suid-Afrikaanse akteur. 

 

Kom sluit by ons aan as gaste van Foxwood House en drink ‘n glasie van Foxwood Vineyards se wyn: op Tobie!

 

Toegang: Gratis

 

 

 

'n Lys van mense wat ons die voorreg gehad het om te vereer:

 

Lerina Erasmus + Abigail Kumalo + Sandra Prinsloo + Bryan Habana + Judy Page + Dozi +  Steve Hofmeyr + Nataniël + Annie Basson + Elize Cawood + Wilson Dunster + Bob Courtney + Peter Lotis + Milla Louw + Charlene Truter + Al Debbo + Rina Hugo + André Schwartz + Casper de Vries + Marius Weyers + Susan Vosloo +Shaleen Surtie Richards + Vinette Ebrahim + Freek Robinson + Johan Stemmet + Mimi Coertse + Brumilda van Rensburg + Neels Hansen + Emma Renzi + Dot Serfontein + Helen Zille + Riaan Cruywagen, Marida Swanepoel + Daniël Krige.

bottom of page