Die Foxwood-kunsfees
Waar:
Foxwood House
5de Straat 13
Houghton Estate 2198
Naaste hoek van 11de Laan
Aan die Rosebank-kant van die M1
GPS Koördinate 26' 09' 44 28"S 28' 03' 10,19" E
Wanneer:
23 tot 28 September 2014
Skedule
Dinsdag 23 September 2014
17:00 Die opening deur Brumilda van Rensburg, beskermvrou van die Foxwood-teater.
‘n Oop uitnodiging aan al ons teatergangers om die opening van die fees by te woon. Geen toegangsgeld. Geniet ‘n glasie van Foxwood Vineyards se Chenin Blanc of Shiraz saam met ons – en ontmoet die wynmaker Matthew Krone.
Toegang: Gratis
17:30 Hound Dog Matt Stern se vertolking van Elvis Presley
Geen goedkoop nabootsing van Elvis met plastiek-‘sidies’ en swaaiende heupe nie. Geskep vir Matt deur skrywer en vervaardiger Deon Opperman. Moet dit nie misloop as jy ‘n Elvis-aanhanger is nie – of bloot net goeie vermaak waardeer.
Toegang: R140 per persoon
18.30 vir 19:00 Aandete om Foxwood Vineyards se nuwe wyn bekend te stel. Die gasheer: Matthew Krone
‘n Glas Foxwood Vineyards-wyn by elke gang. Promosieprys R180 / person met insluitig van die Foxwood Vineyards-wyn.
Voorgereg
Sampioenroomsop bedien met ciabatta brood.
OF
‘n Roomsous van garnale en tamatie met suurlemoen, basiliekruid en bestrooi met bokmelkkaas. Vooigesit met ciabatta.
Hoofgereg
Heel skaapribbetjie met pampoenkroketjies, groenboontjies en gekaramelliseerde uie. ‘n Appel, rissie en mentsous in ‘n eie bakkie.
OF
Gebraaide salm met pan-gebraaide lemoen & geroosterde neute, en aartappels in room gebak. Dit word bedien met ‘n room- en dillesous.
Nagereg
Botterkaramel-gegeurde Crème Brulée
OF
Yskoue romerige vanieljeroomys met ‘n skeutjie Espresso. Bedien met Macarons .
Woensdag 24 September Erfenisdag
10:30 Eerbetoon aan John Kani in die Foxwood Tuin van Roem.
Met sy handafdrukke wat uiteindelik - afgedruk in ‘n plaveisteen in die Tuin van Roem – langs die plaveistene vir baie ander roemryke Suid-Afrikaners gelê sal word, word John Kani nóg ‘n geëerde kunstenaar in die tuin. Spesiale eerbetoon deur mede-kunstenaar en aktrise Abigail Kubeka wat hom sal toesing.
Toegang: Gratis
12:30 vir 13:00 Foxwood se klassieke buffet van tradisionele geregte om Foxwood Vineyards se wyne bekend te stel. Gasheer: Matthew Krone
Promosieprys R165 / persoon met insluiting van ‘n paar glase Foxwood Vineyards-wyn.
Lam op die spit, Foxwood se hoenderpastei gemaak volgens ‘n ou familieresep, wildsvleis en ‘n wye verskeidenheid vars groente en slaaie. Die nagereg is sjokoladegebak met vanieljeroomys.
15:00 Frank Fleming, ‘n Johannesburgse argitek wat nog meer as sir Herbert Baker Ou Johannesburg sy vorm gegee het, word dikwels misken. Kom besigtig die ou historiese huis by Foxwood House saam met die eienaar Pieter de Vos, en drink ‘n glasie wyn saam met Foxwood Vineyards se wynmaker Matthew Krone.
Die prys: R40 / persoon saam met die wyn (of koffie en tee) en versnaperinge.
18:00 vir 19:00 Aandete om Foxwood Vineyards se nuwe wyn bekend te stel. Die gasheer: Matthew Krone
‘n Glas Foxwood Vineyards-wyn by elke gang. Promosieprys R180 / person met insluitig van die Foxwood Vineyards-wyn.
Voorgereg
Sampioenroomsop bedien met ciabatta brood.
OF
‘n Roomsous van garnale en tamatie met suurlemoen, basieliekruid en bestrooi met bokmelkkaas. Vooigesit met ciabatta.
Hoofgereg
Heel skaapribbetjie met pampoenkroketjies, groenboontjies en gekaramelliseerde uie. ‘n Appel, rissie en mentsous in ‘n eie bakkie.
OF
Gebraaide salm met pan-gebraaide lemoen & geroosterde neute, en aartappels in room gebak. Dit word bedien met ‘n room- en dillesous.
Nagereg
Botterkaramel-gegeurde Crème Brulée
OF
Yskoue romerige vanieljeroomys met ‘n skeutjie Espresso. Bedien met Macarons .
20:00 Doep is nie dood nie: Jannie du Toit, sanger, liriekskrywer en musikant in sy uitstekende en gewilde blik op die lewe en sang van die legendariese musiekikoon, Koos du Plessis. Begelei deur Susan Mouton, tjello, en Conraad Rall, klavier.
Toegang: R120 / persoon.
Doep is nie dood nie het groot lof van resensente landwyd ingeoes.
“Du Toit besit met sy immer meevoerende stem, sensitiewe vertolking
en wydlopende verhoogervaring die sleutels om die tydloosheid van
Koos du Plessis te ontsluit” Paul Boekkooi (Beeld, 7 Mei 2014)
“Nostalgie gryp jou aan in die eerste oomblik van die produksie…
Wanneer jy begin luister na Jannie du Toit se vertolking van net meer
as 20 van Koos Doep se liedjies…weet jy daar is geen kans dat sy
woOFde sal sterf nie…” Mariana Malan (Die Burger, 31 Maart 2014)
“Die drif waarmee Du Toit sy eertydse vriend uitbeeld, is aangrypend” Jaco du Plessis (Krit, 31 Maart 2014)
Donderdag 25 September 2014
12:30 vir 13:00 Foxwood se klassieke buffet van tradisionele geregte om Foxwood Vineyards se wyne bekend te stel. Gasheer: Matthew Krone
Promosieprys R165 / persoon met insluiting van ‘n paar glase Foxwood Vineyards-wyn.
Lam op die spit, Foxwood se hoenderpastei gemaak volgens ‘n ou familieresep, wildsvleis en ‘n wye verskeidenheid vars groente en slaaie. Die nagereg is sjokoladegebak met vanieljeroomys.
18:00 Pascale Gagiano bedien haar Franse disse wat sy voorberei het om te pas by die Foxwood Vineyards- wyn. Sy stal ook haar foto-montage van Parys uit en verkoop haar modieuse Franse koelhouers vir wyn.
Haar spyskaart vir ‘n ligte aandete van Franse geregte, sluit in:
Croustade poulet/champignons; Paté en croute; Le petit bleu á la poire; Mini fuit tarte; Mini tiramisu; Mini éclairs choch / café.
Met die wyn wat bedien word, is die prys R150 / persoon.
20:00 ‘n Franse film in die teater. Toegang R50
Vrydag 26 September 2014
10:00 Naturopaat Magda Beukes-Embrey praat oor energie en genesing, en demonstreer die gebruik van nuwe tegnologie soos die Scio-masjien. Toegang: Gratis.
10:30 Carike Keuzenkamp, tereg ‘n kunstenaar wat die erkenning in die Tuin van Roem verdien nie net vir haar bydrae as sangeres nie, maar ook as mens wat ‘n rolmodel vir so baie ander geword het. Met haar handafdrukke in die Tuin van Roem sluit sy aan by soveel ander kunstenaars, elk met sy eie talent. Ons eer haar as sangeres en dapper mens. Lance James en Boet Pretorius gaan haar vereer.
Sluit aan by ons as gaste van Foxwood House vir die seremonie en drink op Carike Keuzenkamp met ‘n kelkie Foxwood Vineyards-wyn.
Toegang: Gratis
11:30 vir 14:00 Lochner de Kock die kok: skrywer, akteur en chef Lochner de Kock berei disse op die patio voor (as die weer dit toelaat – andersinds is dit binne) watr perfek pas by Foxwood Vineyards se Chenin Blanc en Shiraz.
Lochner se spyskaart:
Lochner se Chenin Blanc-dis: Roketblare met hoender, Chinese kool, beet, soerissie, neute, lemmetjie, nam pla & koljander toegevou in ryspapier-tortilla. Bedien met soetrissiesous. Met ‘n glas Foxwood Vineyards-wyn R85
Lochner se Shiraz-dis: Maagspek (Pork belly) met cous-cous, geroosterde
groente en dukatti. Met die Foxwood Vineyards-wyn R110
Vooraf-besprekings noodsaaklik!
14:00 Joernalis Renée Conradie Lighartige skets oor die dikotomiese rol van ‘n diplomaatsgade (vroeër jare was dit uitsluitend vroue) en hoe ‘n mens via die Protokolgids en neusoptrekkerige ouer ‘dames’ vertel is hoe jy jou rol moet vertolk. Komiese situasies, faux pas, genot en uitdagings van nuwe lande en kulture, opofferings wat gesinne moet maak en hoe jy vinnig leer nesskop in ander lande. As joernalis wat altyd wil ontbloot, moes ek ernstig aanpas by die hou van jou mond en verbloemery. Toegang: gratis
15:00 Kunstedebat met Hannelie Booyens akademikus en joernalis, Johan Myburg resensent, Liezel de Lange adjunk-redakteur van Beeld e.a Is kuns nog ‘n item op die koerante se nuuslkys? Of het kuns in enige vorm al heeltemal van die wa afgeval? Toegang gratis
18:00 Richard van der Westhuizen, akteur, liriekeskrywer, sanger & Andrew Roos, musiekmaker van naam, span hulle kragte saam in die program – soos met soveel sukses in die verlede. Die duo met die beste van Richard & Andrew se werk as liriekeskrywers en sangers. Eie begeleiding deur albei kunstenaars op kitaar en klavier.
Toegang: R120
19:30 Aandete om Foxwood Vineyards se nuwe wyn bekend te stel. Die gasheer: Matthew Krone
‘n Glas Foxwood Vineyards-wyn by elke gang. Promosieprys R180 / person met insluitig van die Foxwood Vineyards-wyn.
Voorgereg
Sampioenroomsop bedien met ciabatta brood.
OF
‘n Roomsous van garnale en tamatie met suurlemoen, basieliekruid en bestrooi met bokmelkkaas. Vooigesit met ciabatta.
Hoofgereg
Heel skaapribbetjie met pampoenkroketjies, groenboontjies en gekaramelliseerde uie. ‘n Appel, rissie en mentsous in ‘n eie bakkie.
OF
Gebraaide salm met pan-gebraaide lemoen & geroosterde neute, en aartappels in room gebak. Dit word bedien met ‘n room- en dillesous.
Nagereg
Botterkaramel-gegeurde Crème Brulée
OF
Yskoue romerige vanieljeroomys met ‘n skeutjie Espresso. Bedien met Macarons .
Saterdag 27 September 2014
09:30 Skrywer Deborah Steinmair teken haar romans in ‘n private kamer in die Villa. ‘n Woordtowenaar en wenner van litirêre pryse vir haar met skryfwerk met ‘n unieke eie aanslag.
10:00 Naturopaat Magda Beukes-Embrey lei ‘n bespreking oor alternatiewe benaderings in genesing.
Toegang: gratis
11:00 Eerbetoon aan Tobie Cronjé, ‘n geliefde en briljante Suid-Afrikaanse akteur, in Foxwood House se Tuin van Roem. Die violis Zanta Hofmeyr tree op ter ere van Tobie. Die afdruk van sy hande sal by ‘n lang lys Suid-Afrikaanse kunstenaars in die Tuin van Roem gevoeg word.
Toegang: Gratis
Kom sluit by ons aan as gaste van Foxwood House en drink ‘n glasie van Foxwood Vineyards se wyn: op Tobie!
12:00 Francoise Hardy & Brel – So Alive, So Well: Francoise Hardy, beroemde Franse sangeres van gewilde liedjies (Only You Can Do It, ah ah ahhh), en Jacques Brel, emosioneel en kompleks, ontmoet in ‘n Franse koffiekroegie. Met dié fantasie het Paul Spence ‘n wonderlike musiekspel geskep. Hy en Cat Simone bied ‘n uur en ‘n half van eg-Franse vermaak aan: ironies, stylvol, en hartstogtelik. Veral Cat Simoni se stem voer die gehoor met gemak en oortuiging van een hoogtepunt na die ander mee!
Toegang: R140 / persoon
13:00 vir 13:30 Foxwood se klassieke buffet van tradisionele geregte om Foxwood Vineyards se wyne bekend te stel. Gasheer: Matthew Krone
Promosieprys R165 / persoon met insluiting van ‘n paar glase Foxwood Vineyards-wyn.
Lam op die spit, Foxwood se hoenderpastei gemaak volgens ‘n ou familieresep, wildsvleis en ‘n wye verskeidenheid vars groente en slaaie. Die nagereg is sjokoladegebak met vanieljeroomys.
15:00 Amoré Bekker open die uitstalling van Anton Grové se unieke werk in Kosmiese Meetkunde. Die Ster van Dawid in drie-dimensionele vorm en ander werk maak die uitstalling ‘n unieke ervaring.
Toegang: Gratis
18:00 Aandete om Foxwood Vineyards se nuwe wyn bekend te stel. Die gasheer: Matthew Krone
‘n Glas Foxwood Vineyards-wyn by elke gang. Promosieprys R180 / person met insluitig van die Foxwood Vineyards-wyn.
Voorgereg
Calamari op roketblare, met ‘n slaaisous van vars kruie,suurlemoen & olyfolie en Foxwood se eie mayonnaise.
OF
Bobotie-rolle toegevou in ‘n Chinese deeglagie en vinnig gedompel in warm olie. Bedien met Foxwood se blatjang van vrugte en speserye.
Hoofgereg
Fettucini met ‘n suurlemoen-en-bottersous, geroosterde salm en pan-gebraaide steurgarnale. Bedien met Parmesan-kaas.
‘n Vegetariese opsie is beskikbaar: met ‘n Pesto-sous, geroosterde neute en gebakte rosa-tamaties.
OF
Beesfilet, bedien met ‘n sampioen- of mostertsous en diepgebraaide aartappelskyfies.
Nagereg
Sjokoladebruintjies met ‘n karamelsous liggies daaroor gedrup, bestrooi met fyngekapte pekanneute en bedien met vanieljeroomys.
OF
Gebakte kaaskoek, bedien met opgeklopte room en met aarbeie, opgesny en gemarineer in vodka.
20:00 Francoise Hardy & Brel – So Alive, So Well: Francoise Hardy, beroemde Franse sangeres van gewilde liedjies (Only You Can Do It, ah ah ahhh), en Jacques Brel, emosioneel en kompleks, ontmoet in ‘n Franse koffiekroegie. Met dié fantasie het Paul Spence ‘n wonderlike musiekspel geskep. Hy en Cat Simone bied ‘n uur en ‘n half van eg-Franse vermaak aan: ironies, stylvol, en hartstogtelik. Veral Cat Simoni se stem voer die gehoor met gemak en oortuiging van een hoogtepunt na die ander mee!
Toegang: R140 / persoon
Sondag 28 September 2014
10:00 Naturopaat Magda Beukes-Embrey lei ‘n bespreking oor alternatiewe benaderings in genesing. Bespreking noodsaaklik.
Toegang: gratis.
12:00 Francoise Hardy & Brel – So Alive, So Well: Francoise Hardy, beroemde Franse sangeres van gewilde liedjies (Only You Can Do It, ah ah ahhh), en Jacques Brel, emosioneel en kompleks, ontmoet in ‘n Franse koffiekroegie. Met dié fantasie het Paul Spence ‘n wonderlike musiekspel geskep. Hy en Cat Simone bied ‘n uur en ‘n half van eg-Franse vermaak aan: ironies, stylvol, en hartstogtelik. Veral Cat Simoni se stem voer die gehoor met gemak en oortuiging van een hoogtepunt na die ander mee.
Toegang: R140 / persoon
13:00 vir 13:30 Foxwood se klassieke buffet van tradisionele geregte om Foxwood Vineyards se wyne bekend te stel. Gasheer: Matthew Krone
Promosieprys R165 / persoon met insluiting van ‘n paar glase Foxwood Vineyards-wyn.
Lam op die spit, Foxwood se hoenderpastei gemaak volgens ‘n ou familieresep, wildsvleis en ‘n wye verskeidenheid vars groente en slaaie. Die nagereg is sjokoladegebak met vanieljeroomys.
15:30 Anna Davel in Concert: Kraakvars liedjies wat vir die eerste keer gehoor kan word in Johannesburg. Natuurlik sal ‘n paar ou gunstelinge deel uitmaak van die program. Dus… ‘n show met ‘n verskeidenheid so reg in Anna se styl; jazzy, smokey Latino ritmes, bossa nova’s en dan natuurlik ‘n paar oorspronklike heuning-ballades vir die somber siele!
Toegang R120 / persoon
18:00 DIE lewe, die dood en die liefde is altyd kompleks, maar meer so tydens ’n oorlog. Probleme in die samelewing word dan gekonsentreer. In die eenmantoneelstuk Daar was ’n tyd delf Jan Groenewald (skrywer en akteur) in die universele temas van oorlog.
Toegang R100/persoon
Volle Skedule